Fair
  • Fair
  • Temperature: 15 °C

CURRENT PR & MARKETING CAMPAIGN

Stellenbosch 360 gee sterk ondersteuning aan US Woordfees 2016

Share

20 July 2017 [group_audience]
What makes Stellenbosch Unique?

Wat maak Stellenbosch uniek? Die plaaslike dames gesels al lank hieroor!

Stellenbosch 360 gee sterk ondersteuning aan US Woordfees 2016

Volgens Annemarie Ferns, Uitvoerende Hoof van Stellenbosch 360 as amptelike toerisme-organisasie van Stellenbosch, neem die US Woordfees ‘n onmisbare plek op Stellenbosch se Jaarkalender in. “Die aard en omvang van dit wat die US Woordfees jaarliks na Stellenbosch bring, kan amper nie in rand en sent gemeet word nie. Die verskeidenheid en kwaliteit van mense, kultuur, drama, letterkunde, musiek, kuns, opvoedkunde, debat, selfs sportaktiwiteite en vele meer, is moeilik om te oortref en ons verwelkom dit.”

Sy sê voorts dat hierdie gebeurtenis van enorme belang vir Stellenbosch en sy omgewing se toerisme en ekonomie is. “Al ons lede trek voordeel uit die Woordfees wat amper 10 dae duur, en na skatting gaan vanjaar meer as 110 000 kaartjies verkoop word. Ons is inderdaad BLY dat die US Woordfees in ons dorp aangebied word.”

Stellenbosch 360 is vanjaar self by drie hoofaktiwiteite van die Woordfees as mede-aanbieders betrokke. Dit is die volgende gebeure:

Eerstens, die Lang Tafel – 3 Maart om 19h00 – in Rhyneveldtstraat       voor Erfurthuis

“Kom sit aan by die lang straattafel! Klink `n glasie saam met akteurs, skrywers en musikante op Woordfees 2016. `n Straatkuier met verskeie kosstalletjies en opwindende kunstenaars soos … “ Meer inligting by

http://online.computicket.com/web/event/lang_tafel/980057121

Tweedens, Skrywersfees – 4 Maart om 15h00 – in Batavia Boetiekhotel

(Kom geniet die Kryt, Koffie en Koek!)

Die treffende inkleurboek ‘Stellenbosch Inkleur’/’Colouring Stellenbosch’ het gestalte gekry na ‘n gesprek tussen Tanya O’Connor, kreatiewe denker en Annemarie Ferns, die begeesterde en innoverende uitvoerende hoof van Stellenbosch 360. 

Saam-saam het die twee uitsonderlike individue gedagtes begin uitruil en konsepte begin toets oor iets unieks wat besoekers, of Stellenbossers,  in staat sou stel om, soos Tanya dit uitdruk, “die dorp te kan saamvat” waar hulle ookal sou heengaan, of eindig.  

Toegang: Aanlyn R180 – By deur R200.

Derdens, Diskoers – Saterdag, 12 Maart om 09h00 – ATKV-Boektent

Wat maak Stellenbosch uniek?

(Daar word dikwels beweer dat Stellenbosch ‘n unieke plek is. Is dit inderdaad so? En wat beteken dit?)

Kom neem deel aan hierdie interessante en lewendige debat!

Die genooide gaste sluit in bekendes en gemeenskapsleiers soos Conrad Sidego (Burgemeester), prof Wim de Villiers (Rektor en Vise-kanselier), Alayne Reesberg, Porchia Adams, Hilton Mandela Andries en Annemarie Ferns (Uitvoernde Hoof van Stellenbosch 360).

Prof Andreas van Wyk (Regsgeleerde en Voorsitter van Stellenbosch 360) sal die gespreksfasiliteerder wees.

Toegang: Gratis

Stellenbosch 360

Friends of Stellenbosch

Contact

E: info@stellenbosch360.co.za
T: +27 (0)21 883 3584
F: +27 (0)21 882 9550

Information Office:
36 Market Steet
Stellenbosch, 7600