Clear sky
  • Clear sky
  • Temperature: 16 °C

CURRENT PR & MARKETING CAMPAIGN

Is Stellenbosch Vol?

Share

28 March 2018 [group_audience]
Is Stellenbosch Vol?

Is Stellenbosch vol?

Pure lekkerte om weer vir Prof Andreas van Wyk in aksie te sien in die ATKV Boeketent tydens Stellenbosch 360 se jaarlikse Diskoers op Saterdag  10 Maart. Hierdie keer met die tema: Is Stellenbosch vol?

Op die paneel om hierdie netelige kwessie uit verskillende perspektiewe te belig, was naas Prof van Wyk, van links na regs: Elize Anthony, sakevrou van Cloetesville, Dale Simons, sakeman van Jamestown, Annemarie Ferns, HUB, Stellenbosch 360, Prof Stan du Plessis, bedryfshoof van die US, Pat Botha van die Stellenbosch Belangegroep en Geraldine Mettler, munisipale bestuurder.


Consensus? Both the Municipality and University are working strategically and innovatively to diminish the impact of traffic congestion and housing development on our town.  From a tourism perspective, the town is NOT full during the low season. According to Annemarie Ferns, the team at Stellenbosch 360, in collaboration with the Cape Town Convention Bureau, are going full-steam ahead with positioning Stellenbosch as a living Conference, Events and Incentives destination that will advance business tourism during the months of May to September.
 

Kommentaar in Eikestadnuus:

Die plaaslike koerant Eikestadnuus het na aanleiding van die gesprek die volgende voorbladartikel geplaas - wat ook deur Netwerk24 gepubliseer is:

Is Stellenbosch vol? Ja, propvol . . .

Só het die oorweldigende meerderheid mense by Saterdag se bespreking in die ATKV-tent op die Woordfees entoesiasties te kenne gegee.

Die voorsitter van die verga­de­ring, prof. Andreas van Wyk, het die gehoor laat stem voordat die paneelbespreking begin het.

Die Universiteit Stellenbosch (US) en die munisipaliteit moes dit taamlik ontgeld oor hul rol in die dorp se verkeersknope en -opeenhopings.

Volgens prof. Stan du Plessis, uitvoerende bedryfshoof van die US, het die universiteit die afgelope jare in der waarheid persentasiegewys minder as Stellenbosch gegroei.

“Weens die finansierings­beleid van die staat, sal die in­name van eerstejaars nou be­perk word tot net meer as 5 000 per jaar en sal die studentetal nie vermeerder nie. Sowat 24 000 studente studeer tans op die dorpskampus. Dit sluit pendelstudente in,” het hy gesê.

Die munisipale bestuurder, Geraldine Mettler, het gesê die munisipaliteit het die infra­struk­tuur­kapasiteit om die groei van die dorp te hanteer.

Volgens Elize Anthony, eie­naar van Simonsberg-gastehuis in Cloetesville, gaan dit baie goed met haar gastehuis wat vol internasionale gaste is, maar die dorp is gewis vol.

Waar dit haar tevore glo enkele minute geneem het om dorp toe te ry, duur dit deesdae tot 20 minute om in die dorp te kom. “Ek moedig my gaste aan om die omgewing per fiets te verken om dorpsverkeer te vermy,” het sy gesê.

’n Ingenieur van Jamestown, Dale Simons, het gesê as hy na die Paarl of Wellington wil ry, moet hy ’n halfuur meer rytyd byreken.

Die hoof van Stellenbosch 360, Annemarie Ferns, het beklemtoon dat dit baie goed met die dorp en die omgewing se toerisme gaan.

“Sowat 500 000 toeriste be­soek Stellenbosch per jaar, maar wat gaan ons doen as drie miljoen per jaar kom?”

Die voorsitter van die Stellenbosch-belangegroep, Patricia Botha, het ook te ken­ne gegee dat dit gewis lyk asof die dorp vol is as ’n mens na die verkeersituasie en gebrek aan behuising kyk.

Die belangegroep stel voor toekomstige groei moet weten­skap­lik bestuur word om te keer dat die dorp en sy omgewing sy unieke karakter verloor. Vervoer in die dorp moet oorgeneem word deur openbare vervoer, pendel­dienste, fietse en voetganger­verkeer.

Volgens die belangegroep “verstop” private motors en veral studentemotors die dorp.

“Die munisipaliteit, universi­teit en publiek moet met kundiges saamwerk deur ’n aktiewe openbare deelnameproses om oplossings uit te werk. Bekostigbare woonstelle en skakelhuise moet vir werkende mense en gesinne gebou word. Dit sal ook verkeer uit naburige dorpe na Stellenbosch verminder,” meen die groep. “Ongelukkig is ’n hele woonbuurt al deur studentewoonstelle vernietig.”

 

Stellenbosch 360

Friends of Stellenbosch

Contact

E: info@stellenbosch360.co.za
T: +27 (0)21 883 3584
F: +27 (0)21 882 9550

Information Office:
36 Market Steet
Stellenbosch, 7600