Clear sky
  • Clear sky
  • Temperature: 16 °C

CURRENT PR & MARKETING CAMPAIGN

USWoordfees 2018 Gaan Groot!!!

Share

15 January 2018 [group_audience]
2018 USWOORDFEES GAAN GROOT!

Baie welkom by die 19de US Woordfees!

"Die Universiteit Stellenbosch is in 2018 ’n volle 100 jaar oud. Dis ’n besondere, eenmalige gebeurtenis en ’n geleentheid om te vier. Dit vra egter ook vir introspeksie; vir terugkyk en evalueer.

In ‘n omgewing waar kritiese omgang en deurlopende evaluering voorrang geniet, is dit haas onmoontlik om die denkwyses en ingesteldheid van die afgelope 100 jaar te verstaan.

Tegelykertyd is ons droewe land vasgevang in ‘n geknelde tydgewrig, met bekommernis en woede wat meedoeu0308nloos die laaste bietjie optimisme verswelg. So kan dit nie aangaan nie, en soos dit was, mag dit nooit weer wees nie.

Waar laat dit ons? Waarskynlik voor ’n keuse en by ’n punt van intree.

En dit is op hierdie plek, hierdie nou0301uu0301, waar ons vir jou – binne beperkings wat wissel van water tot begroting – ’n program saamgestel het wat jou (hopelik) energie sal gee vir die volgende 100 jaar.

Wat jou sal toerus met begrip en empatie, jou vul met waardering en verwondering, jou ‘n woordeskat gee waarmee jy kan kommunikeer, en wat gedagtes opper en voorhou wat die moeite werd is om na te luister. My opregte wens is dat jy verruim en verryk van hier af sal gaan, en ’n verskil sal maak."

Stellenbosch 360

Friends of Stellenbosch

Contact

E: info@stellenbosch360.co.za
T: +27 (0)21 883 3584
F: +27 (0)21 882 9550

Information Office:
36 Market Steet
Stellenbosch, 7600