Partly cloudy
  • Partly cloudy
  • Temperature: 13 °C

Advertisement

HOEKOM IS TOERISME SO BELANGRIK VIR STELLENBOSCH?

Share

20 July 2017 [group_audience]
Stellenbosch 360 at 2017 Tourism Indaba

(Fotobyskrif: Stellenbosch 360 het tydens die onlangse Durbanse Toerisme Indaba sy nuwe bemarkingprojek van stapel gestuur en verskeie nuwe rolspelers in die plaaslike en internasionale toerismebedryf ontmoet. Hier is vlnr Jenna Moses (Stellenbosch 360), Alabama Nonduma (Wesgro), Sisa Ntshona (Uitvoerende Hoof van SA Toerisme), Amand Kotze Ndlapo (Hoof van SA Nasionale Konferensieburo), Annemarie Ferns (Uitvoerende Hoof van Stellenbosch 360) en Barry Geyer (Besturende Direkteur van L'Avenir Wynloedgoed)

HOEKOM TOERISME SO BELANGRIK IS VIR STELLENBOSCH

(Danie Keet, redakteur van Eikestadnuus, het onlangs 'n onderhoud met Annemarie Ferns as Uitvoerende Hoof van Stellenbosch 360 as amptelike toerisme-organisasie van Stellenbosch gevoer. Sy onderhoud word hier woordelings aangehaal.)

Stellenbosch se toerismebedryf pluk tans die vrugte van die afgelope paar jaar se harde werk om buitelanders na die dorp te lok.

Nuwe Strategie - Saketoerisme
’n Nuwe strategie om meer sakemense en konferensies na die dorp te trek het ook nuwe momentum gekry deurdat Stellenbosch nou onder die toptien dorpe in Afrika tel vir die aanbied van konferensies.
Die International Congress and Convention Association’s (ICCA) het ook aangedui dat Stellenbosch in die sewende plek is as dit kom by gesogte plekke in Afrika om saketoerisme aan te bied.
Dit is voor groot stede soos Kaïro, Kampala en Tshwane. Die ICCA se ranglys word as die toonaangewendste beoordelings in die internasionale mark vir sakebyeenkomste geag.
“Ons ding mee op die internasionale mark vir sakekonferensies met stede soos Oakland in Australië, Hamburg in Duitsland en Bangalore in Indië en het hulle almal uitgestof. Om op die ICCA se ranglys erken te word, moet ons gereeld data oor konferensies en sakebyeenkomste wat in ons dorp en omgewing gehou word, verskaf,” sê Annemarie Ferns, uitvoerende hoof van Stellenbosch360.
“Saketoerisme is ’n groot veld waarop ons fokus en afgesien daarvan dat dit internasionale belangstelling op Stellenbosch vestig, skep ons ook talle nuwe werksgeleenthede daardeur en brei so die ekonomiese voordeel vir die dorp in geheel uit.
“Ons gebruik hoofsaaklik plaaslike diensverskaffers vir ons konferensie-model – van blommerangskikkers, tot venue-eienaars, fotograwe en enigiemand anders wat ’n diens vir sakekonferensies kan lewer.
“Hiervoor het ons reeds 106 medewerkers geïdentifiseer. Ons gaan hulle ook help met opleiding en kennisoordrag sodat ons ’n volhoubare diens kan lewer,”
sê sy.
Ferns sê ook dat Stellenbosch360 daarna streef om teen 2020 die vierde plek in Afrika in te neem naas Kaapstad, Durban en Johannesburg.


“Die model wat ons toepas, is een van gedeelde ekonomie en al ons diensverskaffers sal hierby baat. Dit vorm ’n belangrike deel van die geheelaanbod wat ons op Stellenbosch verskaf.
“Om hierdie veld van sake-toerisme behoorlik te kan bedien, het ons onlangs ’n eenheid geskep wat hierdie projek op Stellenbosch as die voorste konferensie- en sakebestemming sal voortdryf.”

Stellenbosch360 werk in hierdie verband nou saam met Wesgro, die Wes-Kaapse ontwikkelingsagentskap en nasionale en internasionale toerisme-agentskappe.
Om gestalte aan hierdie projekte te gee word ’n groot saketoerisme-indaba, die eerste van sy soort in die Wes-Kaap, op 13 Junie op Stellenbosch gehou.
 

Stellenbosch 360

Friends of Stellenbosch

Contact

E: info@stellenbosch360.co.za
T: +27 (0)21 883 3584
F: +27 (0)21 882 9550

Information Office:
36 Market Steet
Stellenbosch, 7600