Partly cloudy
  • Partly cloudy
  • Temperature: 13 °C

CURRENT PR & MARKETING CAMPAIGN

Stellenbosch word gesien as die Bergfietshoofstad van die wêreld en as die Fietshoofstad van Suid-Afrika

Share

20 July 2017 [group_audience]
Stellenbosch word gesien as die Bergfietshoofstad van die wêreld en as die Fietshoofstad van Suid-Afrika

STELLENBOSCH: BERGFIETS-HOOFSTAD VAN DIE WERELD

Stellenbosch word gesien as die Bergfietshoofstad van die wêreld en as die Fietshoofstad van Suid-Afrika en moet die leiding bly neem as die groot fietsry-innoveerder.

So het Alan Winde, Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Geleenthede, en ook 'n kranige fietsryer, Saterdagaand gesê op die derde Bosfietsberaad van Stellenbosch Fietsry.

Soos wat Monaco die woonplek van Formule 1-renjaers geword het, word Stellenbosch tans die woonplek van Wêreldklas-bergfietsryers. Die dorp en omgewing  is die ideale  oefenplek vir die beste oorsese professionele fietsryers.

Hy het Stellenbosch geloof vir sy NMT-visie dat voetgangers, fietse en motorvoertuie gelyke geleenthede moet kry en Fietsry Stellenbosch gelukgewens met sy Fietsry Werk/Skool toe-week in Oktober vanjaar. Hy ry dikwels met sy fiets van sy huis in Durbanville na sy kantoor in Kaapstad en beywer hom vir meer veilige fietsbane.  Hy lig sy hoed vir Stellenbosch se leiding en het gesê hy hoop alle dorpe en stede behoort Fietsry werk/skool toe-veldtogte te hê.

Ouers moet saam met hul kinders in groepe fietsry skool toe. 'n Toep (‘App’) kan ontwikkel word dat as die fietspeloton naby 'n fietsryer se huis kom, dan kan hy hom gereed maak om aan te sluit skool toe.

Volgens minister Winde kan die Universiteit van Stellenbosch leiding gee deur sy afdeling vir Sportwetenskap  aan fietsry as  sportsoort en is die US  ook ideaal geplaas vir die oplei van fietsry-fisioterapeute sowel as  vir die ontwikkeling van die regte voeding vir fietsryers.

Hy mik daarna dat teen 2020 meer as 100 000 fietstoeriste van alle kategorieë fietsryers elke jaar die Wes-Kaap sal besoek. Die plaaslike ekonomie kry jaarliks 'n inspuiting van R1,5 miljard weens fietsbyeenkomste en fietstoerisme. Baie byeenkomste bevoordeel ook fietsry by skole en so vind die gemeenskap baat by die sport. Hy glo dat fietsry as sportsooert by alle skole beoefen moet word.

Stellenbosch gaan moontlik die eindpunt word van 'n grondpadfietsroete van Plettenbergbaai tot in die Kaap, die sogenaamde CrossCape-roete. Die roete sal sowat 600 km lank wees en hopelik sal daar elke week 'n duisend fietsryers daarheen gelok word. DIt behoort 'n ekonomiese oplewing te bring in heelwat afgeleë dorpe en gemeenskappe langs die roete.

Die Wes-Kaap het n baie sterk fietsry-ekonomie. Volgens die Suid -Afrikaanse Inkomstediens is daar in 2015 meer as R800 miljoen se fietse en fietsonderdele deur die Wes-Kaap ingevoer. Daar word jaarliks meer as R100 miljoen se fietse wat in die Wes-Kaap aanmekaargesit word na die buiteland uitgevoer.

Hy is 'n groot voorstander van pendelfietsry. Hy hoop om binnekort 'n toetssaak te wen wat 'n motorbestuurder skuldig vind dat hy nie 1m weg van fietryer gery het nie. Die houding van motorbestuurders teenoor fietryers moet verander, maar fietryers moet ook wette gehoorsaam deur bv. nie langs mekaar te ry nie.

Minister Winde het gesê daar gaan in die volgende tien jaar 'n heel nuwe gesindheid teenoor motors kom. Baie mense gaan nie meer hul eie motors besit nie, hulle gaan van huur- en deelstelsels gebruik maak en daar gaan 'n hele nuwe benadering tot fietsry wees. Dit gaan te duur word om 'n motor aan te hou sodat baie meer mense gaan fietsry. Volgens sy ervaring is fietsry deesdae in ons stedelike verkeersituasie beslis vinniger as om met 'n motor te ry.

As die mense in sekere dele van die wêreld regdeur die jaar fietsry, al sneeu dit ook, kan ons in Suid-afrika beslis 365 dae van die jaar fietsry, aldus Minister Winde.

Stellenbosch 360

Friends of Stellenbosch

Contact

E: info@stellenbosch360.co.za
T: +27 (0)21 883 3584
F: +27 (0)21 882 9550

Information Office:
36 Market Steet
Stellenbosch, 7600